Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:31-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.

32. En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.

33. En nadat hulle ’n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.

34. Maar Silas het besluit om daar te bly.

35. EN Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.

36. En ’n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.

37. En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem.

38. Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.

39. Daar het toe ’n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil.

40. MAAR Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.

41. En hy het Sírië en Cilícië deurgegaan en die gemeentes versterk.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15