Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:28-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:

29. dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

30. So is hulle dan weggestuur en het in Antiochíë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.

31. En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.

32. En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.

33. En nadat hulle ’n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.

34. Maar Silas het besluit om daar te bly.

35. EN Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.

36. En ’n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.

37. En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15