Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.

2. En hy het Jakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.

3. En toe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem. En dit was die dae van die ongesuurde brode.

4. Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die paasfees voor die volk te bring.

5. So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het ’n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12