Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 1:9-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ’n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

10. En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,

11. wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

12. Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, ’n sabbatsreis ver.

13. En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bovertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus.

14. Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ’n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.

15. EN in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan — die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig — en gesê:

Lees volledige hoofstuk Handelinge 1