Ou Testament

Nuwe Testament

Galásiërs 5:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.

3. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.

4. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.

5. Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.

6. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.

7. Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees?

8. Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie.

Lees volledige hoofstuk Galásiërs 5