Ou Testament

Nuwe Testament

Galásiërs 5:10-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.

11. Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!

12. Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!

13. Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

14. Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

15. Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.

16. MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

17. want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Lees volledige hoofstuk Galásiërs 5