Ou Testament

Nuwe Testament

Galásiërs 4:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR ek sê: So lank as die erfgenaam ’n kind is, verskil hy niks van ’n dienskneg nie, al is hy heer van alles;

2. maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.

3. So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld.

4. Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet,

5. om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.

Lees volledige hoofstuk Galásiërs 4