Ou Testament

Nuwe Testament

Galásiërs 3:25-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ’n tugmeester nie.

26. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

27. want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

28. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

29. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

Lees volledige hoofstuk Galásiërs 3