Ou Testament

Nuwe Testament

Galásiërs 3:18-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur ’n belofte genadiglik geskenk.

19. Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ’n middelaar.

20. En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een.

21. Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ’n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.

22. Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.

23. Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.

24. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.

25. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ’n tugmeester nie.

26. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

27. want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

28. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

Lees volledige hoofstuk Galásiërs 3