Ou Testament

Nuwe Testament

Galásiërs 3:13-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word — want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang —

14. sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

15. Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ’n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie.

16. Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.

17. Maar ek sê dít: die wet wat vierhonderd-en-dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie.

18. Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur ’n belofte genadiglik geskenk.

19. Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ’n middelaar.

20. En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een.

21. Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ’n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.

22. Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.

23. Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.

24. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.

25. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ’n tugmeester nie.

Lees volledige hoofstuk Galásiërs 3