Ou Testament

Nuwe Testament

Galásiërs 1:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.

6. EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe,

7. terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

8. Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!

9. Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ’n vervloeking wees!

10. Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ’n dienskneg van Christus wees nie.

Lees volledige hoofstuk Galásiërs 1