Ou Testament

Nuwe Testament

Galásiërs 1:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. en al die broeders wat by my is — aan die gemeentes van Galásië:

3. Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,

4. wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,

5. aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.

6. EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe,

7. terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

8. Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!

Lees volledige hoofstuk Galásiërs 1