Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 4:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché om eensgesind te wees in die Here.

3. En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.

4. Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!

5. Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

6. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

Lees volledige hoofstuk Filippense 4