Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 4:12-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

13. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

14. Nogtans het julle goed gedoen toe julle deel gehad het in my verdrukking.

15. En julle, Filippense, weet ook dat in die begin van die evangelie, toe ek van Macedónië vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.

16. Want ook in Thessaloníka het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur.

17. Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening.

18. Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is, ’n lieflike geur, ’n welgevallige offer, welbehaaglik by God.

19. En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.

20. Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

21. Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broeders wat saam met my is, groet julle.

22. Al die heiliges, en veral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle.

23. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Lees volledige hoofstuk Filippense 4