Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2:5-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

6. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,

7. maar het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;

8. en in gedaante gevind as ’n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

9. Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ’n naam gegee wat bo elke naam is,

10. sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,

11. en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

12. Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;

13. want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

Lees volledige hoofstuk Filippense 2