Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2:20-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie;

21. want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie.

22. Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy, soos ’n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het.

23. Ek hoop dan om hom dadelik te stuur, so gou as ek sien hoe dit met my sal gaan;

24. en ek vertrou in die Here dat ek self ook spoedig sal kom.

25. Maar ek het dit noodsaaklik geag om Epafrodítus, my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle te stuur,

26. want hy het na julle almal verlang en was besorg, omdat julle gehoor het dat hy siek was.

27. Want hy was ook siek tot by die dood; maar God was hom barmhartig, en nie hom alleen nie, maar ook my, dat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.

28. Ek het hom dus des te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek minder bedroef kan wees.

29. Ontvang hom dan in die Here met alle blydskap en hou sulke manne in eer.

30. Want ter wille van die werk van Christus het hy tot naby die dood gekom en sy lewe gewaag om aan te vul wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my.

Lees volledige hoofstuk Filippense 2