Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AS daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is,

2. maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.

3. Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

4. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.

Lees volledige hoofstuk Filippense 2