Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 1:23-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;

24. maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.

25. En dit vertrou en weet ek dat ek sal bly, ja, saam met julle almal sal bly tot julle bevordering en blydskap in die geloof,

26. sodat julle roem oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur my teenwoordigheid weer by julle.

27. ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,

28. en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel ’n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God;

29. omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,

Lees volledige hoofstuk Filippense 1