Ou Testament

Nuwe Testament

Filémon 1:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. en aan Áppia, die geliefde suster, en aan Archíppus, ons medestryder, en aan die gemeente wat in jou huis is:

3. Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

4. Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink,

5. omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het,

6. dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.

7. Want ons het groot blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, broeder, die harte van die heiliges verkwik is.

8. DAAROM, al het ek baie vrymoedigheid in Christus om jou te beveel wat betaamlik is,

Lees volledige hoofstuk Filémon 1