Ou Testament

Nuwe Testament

Filémon 1:13-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Ek wou hom by my hou, sodat hy my in die boeie van die evangelie in jou plek kan dien.

14. Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.

15. Want miskien is hy om hierdie rede ’n tydjie van jou geskei, dat jy hom vir altyd kan besit,

16. nie meer as ’n slaaf nie, maar méér as ’n slaaf, as ’n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.

17. As jy my dan vir ’n metgesel hou, neem hom aan net soos vir my.

18. En as hy jou benadeel het of iets skuld, sit dit op mý rekening —

19. ek, Paulus, het dit met my eie hand geskrywe: ek sal betaal — om nie te sê jou rekening nie, want jy is daarby jou eie persoon ook aan my verskuldig.

20. Ja, broeder, mag ek tog van jou voordeel trek in die Here! Verkwik my hart in die Here.

Lees volledige hoofstuk Filémon 1