Ou Testament

Nuwe Testament

Efésiërs 6:17-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God —

18. terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

19. en vir my, sodat ’n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak,

20. waarvoor ek ’n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.

21. EN dat julle ook my omstandighede kan ken, hoe dit met my gaan, alles sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar in die Here, julle bekend maak.

22. Ek het hom juis daarvoor na julle gestuur, dat julle ons omstandighede kan ken en hy julle harte kan troos.

23. Vrede vir die broeders en liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus!

24. Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet! Amen.

Lees volledige hoofstuk Efésiërs 6