Ou Testament

Nuwe Testament

Efésiërs 5:12-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.

13. Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.

14. Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.

15. Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;

16. en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.

17. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.

18. Moenie dronk word van wyn nie — daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.

19. Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,

20. terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,

21. en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.

Lees volledige hoofstuk Efésiërs 5