Ou Testament

Nuwe Testament

Efésiërs 5:1-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders;

2. en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ’n gawe en offer aan God tot ’n lieflike geur.

3. Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;

4. ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.

5. Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ’n afgodedienaar is, ’n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.

6. Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.

7. Wees dan nie hulle deelgenote nie.

8. Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig.

9. Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

10. En beproef wat die Here welbehaaglik is;

11. en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.

12. Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.

13. Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.

14. Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.

Lees volledige hoofstuk Efésiërs 5