Ou Testament

Nuwe Testament

Efésiërs 3:10-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,

11. volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,

12. in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.

13. Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer.

14. OM hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,

15. van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang,

16. dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,

17. sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,

18. en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,

19. en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.

20. En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,

21. aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

Lees volledige hoofstuk Efésiërs 3