Ou Testament

Nuwe Testament

Efésiërs 3:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. OM hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is —

2. as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,

3. dat Hy aan my deur ’n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;

4. waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,

5. wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

6. dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

7. waarvan ek ’n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.

8. Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,

9. en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,

10. sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,

11. volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,

12. in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.

Lees volledige hoofstuk Efésiërs 3