Ou Testament

Nuwe Testament

Efésiërs 2:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes

2. waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,

3. onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

4. Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,

5. ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered —

6. en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

7. sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.

8. Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

9. nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

10. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

11. DAAROM, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,

12. dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.

Lees volledige hoofstuk Efésiërs 2