Ou Testament

Nuwe Testament

Efésiërs 1:8-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,

9. deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,

10. om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig —

11. in Hom in wie ons ook ’n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

12. sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,

13. in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

14. wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

15. Daarom — vandat ek gehoor het van die geloof in die Here Jesus wat onder julle is en die liefde tot al die heiliges —

16. hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie,

17. dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,

18. verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;

19. en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte

20. wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,

Lees volledige hoofstuk Efésiërs 1