Ou Testament

Nuwe Testament

Efésiërs 1:5-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,

6. tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.

7. In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,

8. wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,

9. deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,

10. om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig —

11. in Hom in wie ons ook ’n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

12. sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,

13. in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

14. wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

Lees volledige hoofstuk Efésiërs 1