Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timótheüs 4:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

3. want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,

4. en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

5. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ’n evangelis; vervul jou bediening.

6. WANT ek word alreeds as ’n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby.

Lees volledige hoofstuk 2 Timótheüs 4