Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timótheüs 4:14-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!

15. Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.

16. In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!

17. Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.

18. En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

19. Groet Prisca en Áquila en die huis van Onesíforus.

20. Erástus het in Korinthe gebly. Trófimus het ek siek in Miléte agtergelaat.

21. Beywer jou om voor die winter te kom. Eubúlus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou.

22. Mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.

Lees volledige hoofstuk 2 Timótheüs 4