Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timótheüs 4:10-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië.

11. Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.

12. Tíchikus het ek na Éfese gestuur.

13. As jy kom, moet jy die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en die boeke, veral die perkamente.

14. Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!

15. Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Timótheüs 4