Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timótheüs 2:22-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ’n rein hart aanroep.

23. En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;

24. en ’n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.

25. Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,

26. en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.

Lees volledige hoofstuk 2 Timótheüs 2