Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timótheüs 2:1-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. JY dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;

2. en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.

3. Ly dan verdrukking soos ’n goeie krygsman van Jesus Christus.

4. Niemand wat ’n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.

5. En verder, as iemand aan ’n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.

6. Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.

7. Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!

8. Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie,

9. waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos ’n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie.

10. Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.

11. Dit is ’n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.

12. As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.

13. As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.

14. HERINNER aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.

Lees volledige hoofstuk 2 Timótheüs 2