Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonicense 2:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

5. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

6. En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

7. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

8. en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

9. hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

Lees volledige hoofstuk 2 Thessalonicense 2