Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonicense 2:2-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie — deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees — asof die dag van Christus al daar is.

3. Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf,

4. die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

5. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

Lees volledige hoofstuk 2 Thessalonicense 2