Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonicense 2:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

12. sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

13. Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,

14. waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.

15. So dan, broeders, staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is òf deur ’n woord òf deur ’n brief van ons.

16. En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en ’n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het,

17. julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke!

Lees volledige hoofstuk 2 Thessalonicense 2