Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonicense 1:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. PAULUS en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense in God onse Vader en die Here Jesus Christus:

2. Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

3. ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,

4. sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur —

5. ’n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;

6. aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,

7. en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele

8. in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Thessalonicense 1