Ou Testament

Nuwe Testament

2 Petrus 3:2-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser.

3. Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel

4. en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

5. Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ’n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,

Lees volledige hoofstuk 2 Petrus 3