Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 8:16-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Maar God sy dank, wat dieselfde ywer vir julle in die hart van Titus gegee het;

17. want hy het my aansporing wel ontvang, maar omdat hy baie ywerig was, het hy uit eie beweging na julle toe vertrek.

18. En ons het ook met hom die broeder saamgestuur wat lof het in die evangelie deur al die gemeentes.

19. En dit nie alleen nie, maar hy is ook deur die gemeentes gekies as ons reisgenoot in verband met hierdie liefdewerk wat deur ons berei word, tot die heerlikheid van die Here self en as bewys van julle bereidwilligheid,

20. om te voorkom dat iemand ons sou belaster in verband met hierdie groot bydrae wat deur ons berei word.

21. Want ons bedink wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.

22. En ons het met hulle saamgestuur ons broeder wat ons dikwels in baie dinge beproef gevind het, dat hy ywerig is en nou baie yweriger deur sy groot vertroue in julle.

23. Wat nou Titus betref, hy is my metgesel en medewerker by julle; of ons broeders, hulle is afgesante van die gemeentes, ’n eer vir Christus.

24. Gee dan aan hulle die bewys van julle liefde en van ons roem oor julle, ook voor die gemeentes.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 8