Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 8:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ons maak julle bekend, broeders, die genade van God wat aan die gemeentes van Macedónië geskenk is,

2. dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid.

3. Want hulle was na vermoë — ek betuig dit — ja, bo vermoë gewillig,

4. en het ons met groot aandrang gesmeek dat ons hulle gawe en hulle deel in die diensbetoning aan die heiliges moet ontvang;

5. en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God,

6. sodat ons Titus versoek het dat hy, net soos hy tevore begin het, so ook by julle nog hierdie liefdedaad moet volbring.

7. Maar soos julle in alles oorvloedig is — in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons — sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is.

8. Ek sê dit nie as ’n bevel nie, maar om deur die ywer van ander ook die egtheid van julle liefde op die proef te stel.

9. Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 8