Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 7:11-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van God — wat ’n groot ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording, verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is.

12. Al het ek ook aan julle geskrywe, dan was dit nie ter wille van hom wat onreg gedoen het nie, of ter wille van hom wat onreg gely het nie, maar dat ons ywer vir julle aan julle duidelik kan word voor God.

13. Daarom is ons getroos oor julle vertroosting en het veral bly geword oor die blydskap van Titus, omdat sy gees deur julle almal verkwik is.

14. Want as ek iets by hom oor julle geroem het, is ek nie beskaam nie; maar soos ons alles met waarheid tot julle gespreek het, so het ook ons roem by Titus waarheid geword.

15. En sy hart is julle veral toegeneë as hy hom die gehoorsaamheid van julle almal herinner, hoe julle hom met vrees en bewing ontvang het.

16. Ek verbly my dus dat ek my in alle opsigte op julle kan verlaat.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 7