Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 6:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.

2. Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.

3. Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;

4. maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;

5. in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;

6. in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;

7. in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter- en linkerhand;

8. deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;

9. as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;

10. as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.

11. ONS mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.

12. Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 6