Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 6:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.

2. Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.

3. Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;

4. maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;

5. in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;

6. in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;

7. in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter- en linkerhand;

8. deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;

9. as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;

10. as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 6