Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 5:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WANT ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ’n gebou het van God, ’n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

2. Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,

3. as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.

4. Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.

5. Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het.

6. Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 5