Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 2:14-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

15. Want ons is ’n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan;

16. vir die laaste ’n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ’n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?

17. Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uit opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 2