Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 2:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. want ons is met sy planne nie onbekend nie.

12. Maar toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, hoewel ’n deur vir my in die Here geopen was, het ek geen rus vir my gees gehad nie, omdat ek my broeder Titus nie aangetref het nie;

13. maar ek het van hulle afskeid geneem en na Macedónië vertrek.

14. MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

15. Want ons is ’n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan;

16. vir die laaste ’n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ’n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?

17. Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uit opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 2