Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 13:7-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Ek bid God dat julle geen kwaad mag doen nie — nie dat ons beproef mag blyk nie, maar dat julle kan doen wat goed is, en ons as verwerplikes kan wees.

8. Want ons kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel vír die waarheid.

9. Want ons is bly as ons swak is en julle sterk. En hierom bid ons ook, naamlik om julle volmaking.

10. Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.

11. Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

12. Groet mekaar met ’n heilige kus. Al die heiliges groet julle.

13. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 13