Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 11:21-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Tot my skande moet ek erken dat ons daarvoor te swak was; maar as iemand dit aandurf — ek spreek in dwaasheid — ek durf ook.

22. Is hulle Hebreërs? Ek ook. Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle die nakomelinge van Abraham? Ek ook.

23. Is hulle dienaars van Christus? — ek praat in uitsinnigheid — ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.

24. Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.

25. Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ’n nag en ’n dag het ek op die diepwater deurgebring —

26. dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders;

27. in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.

28. Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes.

29. Wie is swak en ek is nie swak nie? Aan wie word ’n struikelblok in die weg gelê en ek is nie aan die brand nie?

30. As daar geroem moet word, sal ek in my swakhede roem.

31. Die God en Vader van onse Here Jesus Christus, geseënd tot in ewigheid, weet dat ek nie lieg nie.

32. In Damaskus het die goewerneur van koning Arétas die stad van die Damaskéners laat bewaak om my te vang;

33. en ek is in ’n mandjie deur ’n venster in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 11