Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 11:10-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. So seker as die waarheid van Christus in my is, sal hierdie roem in die streke van Acháje my nie ontneem word nie.

11. Waarom? Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet dit.

12. Maar wat ek doen, sal ek nog doen om die aanleiding af te sny vir die wat ’n aanleiding wil hê, sodat hulle in die saak waar hulle op roem, net soos ons bevind mag word.

13. Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.

14. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig.

15. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

16. WEER sê ek dat niemand moet dink dat ek dwaas is nie; of anders, neem my maar aan as ’n dwaas, sodat ek ook ’n bietjie kan roem.

17. Wat ek spreek, sê ek nie vanweë die Here nie, maar as in dwaasheid, in hierdie vertroue dat ek mag roem.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 11