Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 11:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AG, as julle my net ’n bietjie in my dwaasheid wou verdra! Verdra my tog maar!

2. Want ek is jaloers oor julle met ’n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ’n reine maagd aan Christus voor te stel.

3. Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.

4. Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 11